Nice

Nice

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Région (gewes) Provence-Alpes-
Côte d'Azur
 Département Alpes-Maritimes
 Koördinate 43°42′N 7°16′O / 43.700°N 7.267°O / 43.700; 7.267
 Stigting 1ste eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal 71,92 vk km
 Hoogte bo seevlak 0–520 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2019) 342 669
 - Bevolkingsdigtheid 4 800/vk km
 - Metropolitaanse gebied 1 006 402
 Tydsone UTC+1 (MET)
 - Somertyd UTC+2 (MEST)
 Burgemeester (2020–2026) Christian Estrosi (LR)
 Amptelike webwerf nice.fr

Nice (SAMPA en IPA-uitspraak: [ni:s] soos die Engelse "niece"; Italiaans: Nizza, Provensaals: Niça of Nissa) is 'n stad in Suid-Frankryk geleë langs die Middellandse See, tussen Cannes en Monaco, met 'n bevolking van 342 669 in 2019 in die stad en amper een miljoen in die metropolitaanse gebied. Dit is die prefektuur (administratiewe hoofstad) van die Alpes-Maritimes-département.

Die stad is die hoofplek op die Franse Riviera (Côte d'Azur) en die tweede belangrikste toeristestad in Frankryk na Parys. Weens die groot afstande en die Alpe, wat 'n natuurlike versperring vorm, het Nice se lughawe met jaarliks tien miljoen passasiers tot die tweede besigste in Frankryk ontwikkel. In 2021 is Nice as hoofstad van Riviera-toerisme deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search